Bly Koelkop

Dit kan oorweldigend wees om ’n nuwe draagbare ys-vrieskas te koop. Buiten die koste (kampyskaste is nie goedkoop nie), moet jy die handelsmerk, model en grootte in gedagte hou. Waar begin ’n mens? Wel, verkieslik by die begin, deur in ag te neem watter eienskappe ’n goeie yskas puik maak. Hier is wat jy moet weet oor 12 V-verkoeling (in geen spesifieke volgorde nie).

 

ISOLERING

Hoewel baie mense aanvaar dat die compressor deurslaggewend is vir lae kragverbruik, kan selfs ’n sterker argument gemaak word ten gunste van isolering – die kern van die ysvrieskas se doeltreffendheid.

Die kompressor het ’n relatief maklike taak: om die temperatuur te verlaag. Die yskas se vermoë om die lae temperatuur te handhaaf sonder om die kompressor aanhoudend aan en af te skakel is die taak van isolering.

KOMPRESSOR

Terwyl die kompressor die temperatuur verlaag en die meeste yskaste dit tot ’n sekere mate regkry, is 25 ºC meestal die omringende temperatuur waarbinne yskas-spesifikasies voorgelê word. Ons besef goed dat dit selde die geval is in die Afrika-bosveld… Veral as die lugverkoeling afgeskakel is en die yskas in die 4×4 toegesluit is.

Nog ’n belangrike oorweging is hoe vinnig die kompressor die temperatuur kan verlaag. Dit sal aanvanklik meer krag trek, maar mettertyd is dit net so doeltreffend – dis ook geriefliker as die drinkgoed vinnig moet koud word.

GELEIDINGSVERMOË

Geleiding (dikwels ’n vergete vereiste van 12 V-verkoeling) behels die doel treffendheid waarmee die yskas hitte gelei. Tensy jy die yskas oopsny, sal jy nie weet hoeveel geleidingstof (meestal koperpyp) in die vervaardiging van jou yskas gebruik is nie.

Baie vervaardigers neem kortpaaie om geld te spaar deur óf die koper met aluminium of staal te vervang (swakker geleiers) óf minder koperpyp te gebruik.

ELEKTRONIKA

Dis nóg ’n eienskap van verkoeling wat dikwels vergete bly. Elektronika is nie net belangrik om die temperatuur van die ys-vrieskas akkuraat te beheer nie (wat jy sien is wat jy kry), maar ook deurslaggewend vir doeltreffende kragbestuur en betroubaarheid.

Soms word daar ’n paar nut tige eienskappe bygevoeg, soos ’n volt-monitor en slim batterybeskerming – die yskas se vermoë om outomaties af te skakel ter wille van die battery sodat jou 4×4 steeds kan aanskakel.

BETROUBAARHEID & DIENS

Dis moontlik die belangrikste eienskap, veral wanneer jou bosavontuur afhanklik is van jou yskas se vermoë om jou kos koel te hou. Dis natuurlik onmoontlik om met die blote oog die betroubaarheid van ’n yskas te bepaal, maar jy kan baie wys word deur behoorlik navraag te doen oor naverkoopdiens, die beskikbaarheid van onderdele, en hoe lank die vervaardigers al in die bedryf is.

KOEL SOOS ’N KOMKOMMER

National Luna het onlangs sy splinternuwe model – die 60 lite r-Twin – bekend gestel. Tans is dit die wêreld se kragtigste 12 V-yas-vrieskaskombinasie, en het ’n paar gesogte eienskappe, soos:

Toonaangewende Danfoss-ontwerpte kompressor, wat vir 3 jaar deur die vervaardiger gewaarborg word.

  • Dubbelkontrole vir individuele temperatuurverstelling per kompartement.
  • Batterybeskerming met outomatiese uitsnyfunksie en alarm.
  • Tot 60 mm-isolering.
  • Kan -18 ºC bereik in ’n omringende temperatuur van 43 ºC (hoogste internasionale yskasspesifikasie).
  • Uitsluitlik koperpyp-geleiers.
  • Stewige dra-handvatsels wat ook as vasmaakpunte dien.
  • Onbuigbare konstruksie van vlekvrye staal (daar’s ook die opsie van aluminium).
  • Ten volle ontwerp en vervaardig in Suid-Afrika, met al die onderdele plaaslik beskikbaar.

Prys vanaf R10 500 en beskikbaar by gewilde buitelewe- en 4×4-winkels.

Bel 011 452 5438 vir jou naaste handelaar.


Read More Recent Articles