Vat Die Pad Met Die Regte Toerusting

Om tyd in die wildernis deur te bring hoef nie intimiderend te wees nie. Hier is ses stukkies raad vir wanneer jy die langpad vat wat kamp makliker maak en jou help om vir langer (en verder!) te kan verken.

National Luna is die voorkeurverskaffer aan Avis Safari Rentals en sy hardwerkende vloot 4×4’s

wat ten volle toegerus is. Hierdie voertuie toer in van die mees afgeleë plekke in Afrika en het daarom die beste toerusting, betroubaarheid en ondersteuningsdienste nodig.

Met eisj, ja!

Niks het die lewe in die buitelug soveel verander soos die 12V-kampyskas nie.

Weg is die dae van gesmelte ys en drywende lamstjoppies – nou kan jy ’n kragtige yskas vir meer as 24 uur laat loop teen ’n temperatuur wat roomys kan vries, op ’n enkele batterylading.

Maar doeltreffendheid is nie al wat saak maak nie. Rugsteundiens en betroubaarheid is ook sleutelfaktore om te oorweeg wanneer jy ’n ys-/vrieskas koop, saam met die yskas se werkverrigting in uiterste hitte en wanneer dit blootgestel word aan ’n voertuig wat erg vibreer.

National Luna se yskaste kry regmerkies in al dié afdelings. Dit word in Afrika en vir Afrika ontwerp en vervaardig.

’n Slim boks

National Luna is ’n paar jaar herhaaldelik gevra om ’n boks sonder fieterjasies vir ’n ekstra battery te ontwerp wat dit makliker sal maak om elektroniese toestelle aan ’n 12V-battery te koppel. Pleks van ’n gewone ou plastiekboks met beperkte funksies aan mekaar slaan, het ons die nuwe Auxiliary Battery Box gemaak wat ten volle aangepas kan word by jou behoeftes. Bespaar geld deur die verbindings te kies wat jy benodig: ’n DIN/ Hella-verbinding, ’n sigaretsok, ontelbare USB-punte

Die keuse is joune!

Intelligent Solenoid

Vat die krag saam met jou

Dubbelbatterykrag is wonderlik, maar krag vir wanneer jy rondbeweeg, is selfs nog beter!

Ons draagbare kragbanke het al wêreldwyd gereis, van die taaiste roetes in Afrika af tot in die verste uithoeke van die Australiese outback. Dié draagbare kragbanke is bestand teen valle,

skokke en knalle en sal seker maak alles in jou kampplek werk soos ’n goedgeoliede masjien,

maak nie saak waar jy is nie. Die National Luna Portable Power Pack is maklik om te installeer en het ’n ingeboude dubbelbatterystelsel, ’n akkurate batterymonitor en verskeie uitlaatsokke.

Portable Power Pack includes cable & hardware

Kry ’n goeie ondersteuningsdiens

Soos wat 12V-yskaste al sterker en meer doeltreffend word, word dit al belangriker

om onfeilbare ondersteuningskrag te hê. En wat is meer betroubaar as ’n solenoïedstelsel wat meganies getoets is en al vir 20 jaar vertrou word? Inderdaad: National Luna se aanboord-dubbelbatterystelsel bedien al sedert 1997 die wêreldwye 4×4-, boot- en woonwamarkte. Dis ook die dubbelbatterystelsel wat Avis Safari Rentals vir hulle vloot hardwerkende Ford Rangers en Toyota Land Cruisers gebruik.

Laai dit reg

Batterye is duur. As jy nie mooi na joune kyk nie, gaan dit nie hou nie. Om dinge erger te maak, is die meeste voertuigreise – anders as wat mense glo – nie lank genoeg om ’n diepsiklusbattery ten volle te herlaai nie. Dis hoekom jy jou ekstra battery aan ’n Intelligent Maintenance-laaier moet Koppel wanneer jy dit nie gebruik nie. Doen jy dit nie, beskadig jy die battery permanent.

Ná uitgebreide navorsing oor batterytegnologie en her-/ontladingskurwes, het dit duidelik

geword dat die onderwerp van battery-instandhouding tot ’n groot mate geïgnoreer word. Dis

hoekom National Luna meer as drie jaar belê het in die ontwikkeling van hierdie laaier. Dit het ’n

agtstap-laaiprogram, waarmee die laaier jou battery optimaal ontleed en herstel. Die beste van alles

is dat jy dit vir ’n onbepaalde tyd gekoppel kan hou, sonder om die risiko te loop dat jy die battery sal beskadig of oorlaai.

HET JY GEWEET?

  • National Luna is die enigste vervaardiger van kampyskaste in Suid-Afrika.
  • National Luna was die eerste maatskappy ter wêreld om ’n ys-/vrieskas met twee

kompartemente te ontwerp en vervaardig wat ’n enkele kompressor gebruik het. Dit is in 2002

vrygestel en dit het 10 jaar geneem voor die eerste Chinese kopie op die mark verskyn het.

  • Alle National Luna-yskaste word vervaardig en getoets tot op die tropiese vlak (43°C) – die hoogste internasionale toetsspesifikasie vir ys-/vrieskaste.
  • National Luna het die grootste verskeidenheid 12V-kampyskaste in die wêreld.

Laat daar lig wees

Hier’s die ding met buitelug-beligting: Partykeer het jy baie nodig; ander keer soek jy minder. Die enigste ding erger as ’n fel kamplig wat die atmosfeer bederf, is ’n pieperige lig waarmee jy niks kan sien nie. National Luna het ’n uitgebreide reeks LED-kampligte, wat almal verskeie helderheidsverstellings het, van sag-op-dieoog tot verblindend helder. Elkeen het ook ’n tweekleur-modus (rooi of geel), wat nie insekte lok nie. Dit het selfs ’n nuttige blou lig agterop, sodat jy dit maklik kan kry in die donker (ideaal vir woonwa-eienaars). Elke lig is waterwerend, het ’n polikarbonaatlens of -verspreier wat byna onbreekbaar is, en ’n ingeboude batterybeskermingsfunksie wat die lig outomaties afskakel om te verhoed dat dit jou voertuigbattery laat afloop.

National Luna is in 1987 gestig en is ’n voorste spesialis in 12V-buitelugprodukte. Hulle is ook die voorkeurverskaffer vir alle groot veldrywa- en woonwa-vervaardigers in Suid-Afrika. National Luna se produkte is beskikbaar by al die voorste buitelug- en 4×4-winkels.


Read More Recent Articles