Dubbelbatterye: Feite & Fabels

As jou ekstra battery nie by ’n National Luna-instandhoudingslaaier ingeprop is nie, gaan dit jou dalk in die steek laat as jy ver van die huis af is…

National Luna is ’n 30 jaar oue Suid-Afrikaanse maatskappy wat die wêreld se grootste verskeidenheid kommersiële 12V-yskaste en -vrieskaste bied. Hy is die voorkeurverskaffer van die meeste bos- en woonwa- vervaardigers en versprei meer as 200 buiteleweprodukte en bykomstighede. Dit het uit ’n onlangse opname geblyk dat die meeste mense met ’n

dubbelbatterystelsel in hulle voertuig glo om vir ’n paar uur rond te ry, sal die krag van hulle hulpbattery herstel. Dit lyk asof baie mense dink die lang rit huis toe sal meer as genoeg wees om die krag aan te vul. Onwaar! Hierdie is ’n algemene wanopvatting en dit lei tot verskeie ander vrae oor dubbel batterystelsels…

HIER’S DIE FEITE

Alle batterye het tyd nodig om te herlaai.

  • Daar’s nie kortpaaie of spesiale stelsels wat die herlaaiproses vinniger kan maak as wat die battery kan hanteer nie.
  • ’n GS-tot-GS-stelsel kan meestal selfs die herlaaitempo binne die eerste paar uur se ry stadiger maak.
  • As ’n mens nie daaraan aandag gee nie, sal ’n gedeel telik ontlaaide battery begin agteruitgaan, wat die leeftyd sal verkort.
  • Op dieselfde manier kan ’n battery wat ten volle gelaai is, nie onbepaald energie stoor nie. Dit sal met die verloop van tyd stadig ontlaai. Daarom het alle batterye ’n instandhoudingslaaier nodig vir maksimum werkverrigting en leeftyd. ’n Mens kan dit regkry met ’n intelligente instandhoudingslaaier. Jy wonder dalk of die term “instandhoudingslaaier” op ’n manier verband hou met ’n sypellaaier (trickle charger). Dis ’n effense grys gebied, want die meeste sypellaaiers rig meer skade aan ’n battery aan as wat dit goed doen.

Die meeste van ons ken – en besit dalk selfs – ’n laekoste-220 V-batterylaaier, wat algemeen by motorwinkels verkoop word. Wat jy dalk nie weet nie, is dat hierdie laaiers nie selfregulerend is nie en nie die nodige laai-fases het nie.

Die probleem lê nie noodwendig by die laaier self nie, maar eerder by die kragtoevoer – van die hoofkragleiding of van ’n kragopwekker af. ’n Niegereguleerde laaier het gewoonlik ’n vaste afnameverhouding wat nie wisselings in die toevoerstroomspanning in ag neem nie. Die resultaat is dat die stroomspanning wat op die battery toegepas word, hoër kan wees as wat die battery kan hanteer. Met die verloop van tyd kan konstante hoë stroomspanning die battery beskadig of selfs veroorsaak dat dit oorverhit en lek.

Dis moeilik om te weet watter laaiers geregu leer is en watter nie. Dis hoekom National Luna onlangs ’n selfregulerende intelligente laaier bekend gestel het wat outomaties alle loodsuurbattery soorte sal diagnoseer, herstel en laai – dit sluit natsel-, MF-, CRLA-, AGM-, GEL- en kalsium batterye in. Die beste van alles is dat die laaier permanent aan jou battery kan vas wees en jy jou nooit daaroor hoef te bekommer nie.

HOE WERK DIT?

Die National Luna Intelligent Maintenance Charger het ’n agtstap-laaisiklus wat só werk:

  1. Diagnose. Die unieke diagnostiese funksie gaan die status van die battery na en stel vas of dit gelaai kan word.
  2. Herstel. Hierdie stadium pols die leweringsenergie, om seker te maak die battery is in ’n toestandom die stroom van ’n volle herlading te hanteer.
  3. Massa. 80% van die battery-energie word in hierdie fase herstel, met behulp van maksimumstroom lewering.
  4. Absorbsie. Die laaistroom verminder stadig namate die battery volle kapasiteit bereik. Die stroomspanning word in dié fase gereguleer.
  5. Ontleding. Die laaier gaan weer die batterystatus na en stel vas of dit energie behou.
  6. Hupstoot. Hierdie fase word gebruik om sekere batterysoorte – soos ’n diepsiklus-kalsiumbattery – te herstel tot maksimum kapasiteit.
  7. Afname. As die battery ten volle gelaai is, word die ladingstroom verminder om te verhoed dat dit oorlaai.
  8. Instandhoudingslading. Die laaier hou voortdurend die terminaallading dop om vas te stel of ’n instandhoudingslading benodig word. As die lading daal weens selfontlading,bied die laaier weer stroom om diebattery vol te hou.

MEER INLIGTING Die laaier het ’n vyf jaar lange waarborg en kos R1 595 by alle voorste buitelewe- en 4×4-winkels. Die stel sluit battery klampe, ’n koppelstuk wat maklik vasheg, en ’n ineen gesmelte kabel vir meer permanente installering in.

Gaan na nationalluna.com vir meer inligting of bel 011 452 5438 om ’n winkel naby jou te vind.


Read More Recent Articles