Is ’n 12 V-kampyskas regtig die moeite werd?

Jy gaan die een of ander tyd in jou kampplek staan en wens jy het ’n draagbare 12 V-kamp yskas gehad. Maar teen ’n koste van sowat R10 000 is die kans goed dat jou kampyskas meer as die een in jou kombuis gaan kos!

’n Ordentlike kampyskas kan ook vyf keer meer as ’n goeie koelboks kos. Dit laat die vraag ontstaan: Is ’n kampyskas régtig die moeite werd? Of kan jy daarsonder klaarkom? Hier is ’n paar dinge wat jy moet oorweeg voordat jy die vraag antwoord.

1 Die ys is gebreek

Wat motiveer mense om ’n duur kampyskas te koop?

In die meeste gevalle, die volgende:

  • Jy sukkel nie meer met gesmelte ys nie.
  • ’n Verstelbare temperatuurbeheer.
  • Die vermoë om langer te kan kamp.
  • Die vryheid om afgeleë plekke te besoek.

Ons ken almal die frustrasie. Jy begin jou reis met ’n koelboks wat netjies gepak is, en jy

koop selfs ys langs die pad om dit so lank as moontlik koel te hou. Maar al staan jy op jou kop, teen die einde van dag drie lê daar 2 duim melkerige water op die bodem van die koelboks, en dié bedenklike vloeistof het al tot in jou “verseëlde” pakkie wors gelek.

Buiten dat jy nooit weer oor ys bekommerd hoef te wees nie, laat ’n 12 V-kampyskas jou toe om die temperature vir verskillende soorte kos af te wissel. In die geval van National Luna se 60

liter-model, kan jy die yskaskompartement op 5 ºC stel ter wille van die melk, kaas, groente en

koeldrank, terwyl die tweede kompartement gestel word vir bevrore vleis (-10 ºC) of roomys

(-18 ºC). As jy kos kan vries, kan jy langer in die veld bly voordat jy proviand moet aanvul. Dis veral

welkom in afgeleë gebiede soos die Sentraal- Kalahari en Noord-Namibië, waar dit feitlik

onmoontlik is om ander kosvoorraad in die hande te kry.

camping fridge in the bush

HET JY GEWEET?

National Luna was die eerste kampyskas met ’n dubbele kompartement (yskas en vrieskas) wat met een kompressor kan werk.

2 Die warm patat

Die meeste afgeleë plekke in Afrika is bloedig warm. En vreemd genoeg is die meeste yskaste

nie vir daardie temperatuuruiterstes geskik nie. Om die waarheid te sê, word

feitlik al die kampyskaste op die mark by kamertemperatuur van 25 ºC getoets, en die

meeste yskaste kan nie hulle geadverteerde laagste temperatuur bereik as die temperatuur tot by 40 ºC of meer styg nie – wat dikwels die geval is in Afrika.

As dit gebeur, sal jou yskas nog taamlik koud wees, maar jou bevrore kos kan al begin ontdooi. Dit is ’n belangrike kenmerk, en iets wat jy moet onthou as jy na ’n 12 V-kampyskas begin soek. Gaan kyk by watter temperature die yskas getoets is.

HET JY GEWEET?

National Luna is die enigste Suid-Afrikaanse kampyskasvervaardiger wat hulle produkte by die tropies gespesifiseerde omliggende temperatuur van 43ºC toets.

3 Eerstehulp

Dinge breek, veral elektroniese toestelle wat agterin ’n 4×4 stampe en stote ervaar.

Dis ’n groot bekommernis vir veldryers: Jy het dalk duisende rande bestee aan ’n yskas

wat jou in die steek gaan laat wanneer jy dit die nodigste het. Gelukkig het ’n goeie yskas

ekstra-dik isolasie. In noodgevalle sal jou kampyskas soos ’n koelboks werk tot jy dit kan

laat regmaak. Maar hoe lank gaan dit vat? ’n Koelboks het min dinge wat kan breek, maar ’n 12 V-yskas sal wel in ’n stadium onderdele nodig kry. Verskeie dinge kan breek: Die

kontrolepaneel kan ’n stamp kry, die kragpunt kan beskadig word of te veel stof kan in die

kompressor beland. En omdat die paw-paw soms die waaier tref, moet jy seker wees jou yskas se onderdele is in Suid-Afrika beskikbaar. Wie wil nou wag dat onderdele van oorsee af ingevoer word?

camping fridge kept in the shade

HET JY GEWEET?

National Luna is die enigste (plaaslike) 12V-yskas wat ín Afrika vír Afrika-toestande

vervaardig word.

4 Moet jy of moet jy nie?

Niemand sal stry dat ’n 12 V-kampyskas ’n groot uitgawe is nie, maar niemand kan

oor hulle voordele stry nie. Jou besluit sal uiteindelik berus op hoe dikwels, vir hoe lank en waar jy kamp, asook wat jy tydens die vakansie wil eet. Buiten die aanvanklike koste is daar ’n paar nadele daaraan om ’n 12 V-kampyskas te besit. Maar ongeag die voordele is die belangrikste

eienskap van ’n kampyskas sy duursaamheid. Dit bepaal of dit ’n lang-termynbelegging is.

Raai dus watter yskas bied langtermynduursaamheid, omvattende ondersteuning, plaaslike beskikbaarheid van onderdele, bedryfsinnovasie en tropiese spesifikasieverrigting

(teen 43 ºC)? Jy weet waarskynlik reeds die antwoord, maar as jy nog onseker is, gesels gerus met enige professionele mens in die 4×4-bedryf.

National Luna het die grootste reeks 12 V-yskas/vrieskaste ter wêreld

en is die enigste kommersiële vervaardiger van veldyskaste in Suid-Afrika.

Dit is die voorkeurverskaffer vir die grootste boswaen woonwavervaardigers in die land.


Read More Recent Articles

 

Stay in touch with the latest National Luna Products and News!