Los Dubbelbattery Probleme Op

Moenie die skuld op jou dubbelbatterystelsel pak indien die stelsel nie werk nie. Jy het net ’n goeie instandhoudingslaaier nodig.

Die kenners by National Luna verduidelik…

VRAAG My dubbelbattery laai nie. Ek het ’n bietjie meer as ’n jaar gelede ’n solenoïedstelsel in my 4×4 laat installeer. Dit het die eerste keer heel goed gewerk, maar nou is daar baie min krag in my ekstra battery wanneer ek by die kamp aankom. Op my mees onlangse reis het ek 3-4 uur tussen kampe gery, maar teen die volgende oggend was die battery pap en my yskas af.

Ek het al gehoor dat ’n solenoïed-gebaseerde dubbelbatterystelsel nie saam met sekere voertuie werk nie en dat ek na ’n GS-tot-GS-stelsel moet oorskakel. Maar voor ek duisende rande betaal vir ’n tweede stelsel, het julle dalk raad?

Besoek ons nuwe webtuiste by www.nationalluna.com/us

ANTWOORD Ons hoor hierdie klagtes daagliks, en die antwoord is verbasend eenvoudig: Jy het ’n 220 V-instandhoudingslaaier nodig. ’n Bekende safariverhuringsmaatskappy het ’n rukkie gelede ’n soortgelyke probleem met hulle voertuie gehad. Elke voertuig is met ’n National Luna- intelligente solenoïed-dubbelbatterystelsel, saam met ’n natsel-105 A-diepsiklusbattery toegerus. Die stelsel het aanvanklik goed gewerk, maar met verloop van tyd het die ekstra batterye nie genoeg krag voorsien nie

– nie eens ná ’n lang rit nie. Die probleem het niks met die voertuig se alternator of solenoïeddubbelbatterystelsel te doen gehad nie, maar met die feit dat die batterye nie gehou het nie.

Die probleem is tweeledig: ’n Diepsiklus-(natsel-) battery is nie noodwendig die beste keuse nie; en alle batterye het instandhouding nodig!

DIE MINDER REGTE KEUSE

Die 105 A-diepsiklus-(natsel-)battery is dalk die eenheid in die dubbelbatterymark wat die beste verkoop, maar as ’n mens na hierdie grafiek kyk, kan jy sien dat die battery in baie gevalle nie die beste keuse is nie. Die grafiek wys die tipiese herlaaitye vir ’n 105 A-diepsiklusbattery by verskeie alternatorpunte. Hier is twee belangrike lesse te leer:

  • Dit vat meer as net ’n paar uur om die volle krag te herstel van ’n diepsiklusbattery wat erg ontlaai is.
  • Aangesien ’n 20 A-GS-tot-GS-laaier die huidige uitset tot 20 A beperk, veroorsaak dit in baie gevalle – as jou alternator se uitset 13,7 V of meer is – dat die herlaaitempo baie stadiger is. Só word dit ’n beperking en nié ’n voordeel nie.

HOE HOU DIT VERBAND MET

Die meeste vakansiereisigers bestuur nie vir meer as ’n paar uur per dag nie, wat beteken die meeste erg ontlaaide (diepsiklus-)batterye is in ’n permanente ontlaaide toestand. Of, om dit anders te stel: Die ekstra battery doen lang termynskade op en verloor die vermoë om gelaai te bly. Dít is hoekom die dubbelbatterystelsel die eerste keer – en dalk selfs die tweede keer – gewerk het, maar as jy nie die lading tussen reise in stand hou nie, raak jou battery se vermoë om gelaai te bly met elke maand wat verbygaan, minder. Anders as wat baie mense glo, vat dit ’n verbasend kort rukkie vir die battery om per manente skade op te doen as dit in ’n ontlaaide toestand gelos word.

In die geval van die safariverhuringsmaatskappy wat baie geld op nuwe GS-tot-GS-stelsels uitgegee het, het die probleem selfs erger geword as gevolg van die beperkte 20 A-uitset.

Dit is net opgelos toe die maatskappy terugkeer na ’n National Luna-solenoïedstelsel en die batterye van natseleenhede na droësel- (AGM-) batterye verander is. Die maatskappy het ook in ’n stel 220 V-instandhoudingslaaiers belê – en hulle dubbelbatteryprobleme is sedertdien iets van die verlede.

WAT IS DIE GEVOLGTREKKING?

As jou dubbelbatterystelsel jou probleme gee, is daar ’n goeie kans dat dit jou battery se skuld is – selfs al is hy minder as ’n jaar oud. As jy vermoed dat jou battery gedeeltelik ontlaai is, belê in ’n 220 V-instandhoudingslaaier voordat jou battery permanent beskadig word.

National Luna het in 2016 duisende laboratoriumtoetse op verskillende soorte batterye en verdeelde herlaaistelsels gedoen. Die resultate het gelei tot die onlangse bekendstelling van ’n splinternuwe National Luna-instandhoudingslaaier, wat spesiaal vir landsreisigers gebou is.

Die laaier is ontwerp vir motorfiets- en 4×4-toepassings en het ’n agtstap-herlaaiproses, met onder meer ’n ontleding van jou battery se ladingstoestand en die opsie om in koue toestande ’n hupstootmodus te kies. Dit is ook geprogrammeer sodat jy dit vir ’n onbeperkte tyd aan jou battery gekoppel kan hou en nooit bekommerd hoef te wees dat die battery gaan warm word of “oorlaai” nie.

Teen R1 595 is dit een van die mees bekostigbare intelligente instandhoudingslaaiers op die mark, en ’n noodsaaklike stuk toerusting as jy die meeste uit jou ekstra battery wil haal en toekomstige dubbelbatteryprobleme wil vermy. National Luna is die enigste handelsvervaardiger van kampyskaste in Suid-Afrika, spog met die grootste reeks 12 V-ys- en vrieskaste ter wêreld, en is alle groot veldwa- en woonwavervaardigers se voorkeurverskaffer.

Die National Luna-220 V-instandhoudingslaaier is beskikbaar by alle groot buitelewe- en 4×4-winkels.


Read More Recent Articles