Hou Die Lading Reg

Hoe om na jou ekstra battery te kyk

Met die Paasvakansie agter die rug, is die kans goed dat jou ekstra battery ’n bietjie instandhoudingswerk nodig het. Jou battery doen dalk permanente skade op terwyl jy hier lees! Maar moenie bekommerd wees nie – daar’s nog tyd om jou battery te red en sy lewe te verleng.

Hier’s wat jy moet doen…

Daar’s baie wat ’n mens oor batterylewe en hoe dit met herlaaitempo’s verband hou, kan sê.

Ter wille van eenvoud: ’n Battery wat erg ontlaai is, moet genoeg tyd gegun word om te herstel.

Daar’s ’n gewilde wanopvatting dat ’n battery vinnig en in ’n kort tydjie kan herlaai.

Dis eenvoudig nie waar van die meeste batterye nie. Ongelukkig dra baie min batteryvervaardigers en onderdelewinkels hierdie boodskap oor, en overland-reisigers moet die prys betaal.

Hierdie grafiek wys hoeveel bruikbare energie uit ’n 105 Ah-diepsiklusbattery getrek kan word. Die uitgeligte deel wys die veilige bedryfsone en is gelyk aan ’n 70%-ontlaaidiepte.

Met ander woorde: Jy kry nie 105 Ah uit ’n 105 Ah-battery nie!

In die algemeen kan jy tussen 70 en 75 Ah- bruikbare energie uit die bogenoemde battery kry voor dit die fase van diep ontlading binnegaan – waar batteryskade bespoedig en die lewe van die battery verkort word. Wat’s die punt dus? Om ’n battery in ’n ontlaaide toestand te los versnel agteruitgang en veroorsaak permanente skade.

EN NOU?

Daar is soveel veranderlikes wanneer dit by ’n dubbelbatterystelsel kom, maar in die algemeen

is die volgende waar: Die meeste dubbelbatterygebruikers is nie bewus daarvan dat hulle ekstra

battery gedeeltelik ontlaai is nie, en as gevolg hiervan word die werkverrigting en lewensduur van die battery benadeel. Dit lei tot gereelde batteryvervanging – of die onvermoë om ’n kampyskas deur die nag van krag te voorsien. Die eenvoudige oplossing hiervoor is natuurlik om meer te ry, maar vir die meeste vakansiegangers is dit eenvoudig net nie prakties om vier tot agt uur te ry om ’n battery te herlaai nie. Daar is natuurlik ook ’n goeie kans dat jou ekstra battery nie ten volle sal herlaai nie, veral as dit die vorige nag diep ontlaai is.

Dis ’n eksponensiële probleem: Elke dag wat die battery nie ten volle herlaai word nie, is daar

’n vergrote risiko dat dit ’n diepontlaaide stelsel gaan word, wat moeilik is om te herstel.

Gelukkig is die oplossing eenvoudig. As jy ’n ekstra battery besit, het jy ’n 220 V-instandhoudingslaaier nodig om die volle kapasiteit te herstel en te verseker die battery se gesondheid bly optimaal, reg vir jou volgende avontuur. National Luna se nuwe Intelligent Maintenance Charger verseker jou battery kry wat dit nodig het in terme van tyd en energie om ten volle herlaai te word. National Luna se laboratorium het jare se ervaring van battery-herlading en instandhouding en het ’n reeks toetse op byna elke batterylaaier op die mark gedoen.

Die resultate het gelei tot die bekendstelling van ’n bekostigbare batterylaaier wat doen presies wat

’n battery nodig het. Die agt-stap-herlaaiprogram sluit ’n diagnose van die battery se gesondheid in, gevolg deur ’n outomatiese reeks van herlaaitempo’s om die batterylewe te herstel en verbeter.

Die beste van alles is dat die laaier selfregulerend is en dus aan jou battery gekoppel kan word vir ’n onbepaalde tydperk sonder dat daar ’n risiko is dat die battery beskadig of “oorlaai” sal word.

Die Intelligent Charger is geskik vir natsel-, AGM-, GEL- en kalsiumbatterye van 1,2 Ah tot meer as 120 Ah. Die verminderde kragmodus is ideaal vir kleiner batterye wat in motorfietse of waterponies gebruik word, terwyl die “boost”-modus nuttig is vir periodiese instandhouding van

kalsiumbatterye of batterye wat erger ontlaai is en tekens van verminderde kapasiteit wys.

Die National Luna-laaier het ook twee kabelopsies sodat jy kan kies hoe om die eenheid aan

jou battery te koppel.

National Luna is ’n 30 jaar oue Suid-Afrikaanse maatskappy met die wêreld se grootste versameling 12 V-yskaste en -vrieskaste wat in die handel beskikbaar is.

Hy is ook die gekose verskaffer vir die meeste veldwa- en woonwa-vervaardigers en ’n wêreldwye verspreider van meer as 200 buiteleweprodukte en -toebehore.

Die National Luna Intelligent Maintenance Charger het ’n vyfjaarwaarborg en kos R1 595 by al die groot buitelewe- en 4×4-winkels.

’N SYPELLAAIER VS. ’N GEREGULEERDE INSTANDHOUDINGSLAAIER

’n 220 V-sypellaaier (“trickle charger”) wat nie gereguleer word nie, kan dikwels

meer skade doen as wat dit goed doen. Dit hou nie rekening met stuwings in die hoofkragtoevoer nie en kan dalk die battery blootstel aan uitermate hoë stroomspanning en daaropvolgende vergassing. Die National Luna Intelligent Maintenance Charger reguleer egter die inset en verlangde uitsetstroomspanning vir optimale batterygesondheid.


Read More Recent Articles

 

Stay in touch with the latest National Luna Products and News!