Kamptegnologie het oor die jare heen ingrypend verbeter, veral die draagbare ys-vrieskas. Die vermoë om kos vir ’n onbepaalde tyd koud te hou het nie net reisigers se kampervaring verbeter nie, maar bied 4×4-entoesiaste ook die opsie om vir langer tye die boendoes te verken
Met die koms van die draagbare ys-vrieskas het die behoefte aan ekstra batterykrag ook toegeneem. Dit het gelei tot die ontwikkeling van ’n nuwe vorm van kamptegnologie: dubbelbatterystelsels.
Daar is twee tipes dubbel batterystelsels: aanboordstelsels (dit word meestal in die voertuig se enjinruim of laairuim geïnstalleer), en draagbare eenhede. Dis nie altyd maklik om die regte een te kies nie.
Albei stelsels het voor- en nadele. Die geheim is om te verstaan watter stelsel die beste vir jóú gaan werk. Hoewel dit lyk asof die vergelyking op die regterkantste bladsy die draagbare stelsel as gunsteling kies, sal enigiemand wat al pakplek in sy voertuig benodig het, jou van die voordele van ’n aanboordstelsel kan oortuig.
RUIMTE OF MOBILITEIT? – DIS JOU KEUSE
Daar is verskeie dubbelbatterystelsels beskikbaar, maar by National Luna verkies ons die beproefde solenoïedstelsel. Trouens, ongeveer 18 jaar gelede was ons een van die eerstes wat so ’n stelsel ontwikkel het. Die eenheid is ontwerp as ’n kompakte, ten volle outomatiese verdeelisolatorstelsel wat deur jou voertuig se battery aangevul word.
Die dubbelbattery-isolator werk in parallel met jou voertuig se standaardbedrading en meng nie daarmee in nie.
Die isolator is ontwerp as ’n laeverlies-, hoë-stroomstelsel en plaas die klem op eenvoud, herlaaityd en langtermynbetroubaarheid. Mededingende dubbelbattery stelsels met meer elektroniese
funksies (soos die slim DC-na-DC-laaier) kos dikwels drie keer meer. Boonop moet ’n mens onthou dat hoewel hierdie sogenaamde intelligente laaiers jou batteryleeftyd verleng (vanweë die druplaaifunksie), hulle in werklikheid jou battery heelwat stadiger herlaai – soms tot 48 uur lank. Daarteenoor kan ’n hoëstroomsolenoïedstelsel (met die regte battery), binne ses uur ten volle herlaai.
Jy kan verwag om sowat R2 945 te betaal vir ’n National Luna draagbare batterypak, en R1 999 vir die aan boord stelsel (battery uitgesluit).
Albei is te koop by buitelewe- en 4×4-winkels.