{"id":1658,"date":"2015-09-18T12:30:22","date_gmt":"2015-09-18T10:30:22","guid":{"rendered":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/?p=1658"},"modified":"2018-12-03T11:33:47","modified_gmt":"2018-12-03T09:33:47","slug":"watter-battery-is-die-beste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/","title":{"rendered":"Watter Battery Is Die Beste?"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-1656\" src=\"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack-200x300.jpg 200w, https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack-683x1024.jpg 683w, https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack-600x899.jpg 600w, https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg 700w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>As jy onlangs \u2019n verdeler-herlaaistelsel vir jou 4&#215;4 gekoop het, maar nie tevrede is met die verrigting daarvan nie (veral die herlaaikoers), is dit dalk die skuld van die soort battery wat jy gekoop het.<\/p>\n<p>National Luna verduidelik.<\/p>\n<p>As jy begin nalees oor ekstra batterye, loop jy jou dikwels vas in \u2019n warboel van inligting en verkeerde afleidings. Die saak word vererger deur handelaars (met beperkte kennis en opleiding) wat dikwels goed bedoeld hulle topverkoperbattery aanbeveel sonder om jou spesifieke behoeftes in ag te neem. En dan stel hulle gewoonlik voor jy koop \u2019n diepsiklusnatselbattery. Daar is boonop weinig inligting beskikbaar oor hoe hierdie verskillende batterye in verskillende herlaaitoestande vaar. Ongelukkig is baie batteryvervaardigers traag om hierdie inligting te laat publiseer omdat dit te veel van hulle produk se verrigting sal verklap.<\/p>\n<p>National Luna het onlangs meer as R250\u00a0000 in batterytoetstegnologie bel\u00ea. Die inligting wat ons hiermee insamel, gee vir ons \u2019n beter begrip van hoe batterye in verskillende dubbelbatterystelsels en\/of -toepassings vaar. Tot dusver het die toetse verstommende resultate gelewer, maar dit het ook iets bevestig wat ons al meer as 20 jaar weet: Jou ekstra battery is die hart en siel van jou dubbelbatterystelsel.<\/p>\n<p>Dit is daarom ironies dat baie mense baie aandag gee aan die dubbelbatterystelsel self, en dink \u2019n duur isoleerder en\/of GS-tot-GS-herlaaier sal al hulle probleme oplos. Die waarheid is egter dat 80% van die probleme met \u2019n dubbelbatterystelsel niks te doen het met die verdeler-herlaaistelsel nie, maar met die soort battery wat jy gekoop het.<\/p>\n<p>Met ander woorde, as jou dubbelbatterystelsel nie werk soos dit moet nie, is die kans goed dat jou ekstra battery nie geskik is vir die doel waarvoor dit gekoop is nie.<\/p>\n<p>Dit is dikwels die norm in die bedryf om \u2019n natdiepsiklusbattery as die ekstra battery te laat installeer. Maar di\u00e9 batterye neem tot 24 uur om 100% te herlaai, selfs in optimale herlaaitoestande. Dit is daarom nie juis ideaal vir mense wat korter as \u2019n dag lank op die pad is nie.<\/p>\n<p>Ander faktore, soos die alternator se lewering, sal ook \u2019n betekenisvolle impak op die battery se herlaaikoers h\u00ea.<\/p>\n<p>Dit is hoekom ons soms \u2019n ho\u00ebsiklusbattery aanbeveel in plaas van \u2019n diepsiklusbattery. Die ho\u00ebsiklusbattery sal dalk nie so lank hou nie, of nie soveel bruikbare energie lewer nie, maar dit herlaai aansienlik vinniger. Daarom is dit dikwels \u2019n meer praktiese keuse.<\/p>\n<p>Ons glo egter nie \u2019n ho\u00ebsiklusbattery is die klinkklare oplossing vir alle dubbelbatterystelsels nie. Ons s\u00ea bloot (in sommige gevalle) is dit dalk \u2019n beter keuse. Uiteindelik bepaal jou herlaai-opset die keuse van jou battery. Hou die volgende in gedagte:<\/p>\n<p>watter verdeler-herlaai-stelsel jy gebruik; jou voertuig se alternatorlewering of stroomspanning is baie belangrik (die meeste batterye sal nie teen \u2019n lae stroomspanning herlaai nie); die hoeveelheid ure wat jy gewoonlik op die pad deurbring; en jou normale kragbehoeftes en of jy \u2019n sonkragstelsel het.<\/p>\n<p><strong>Begin jou soektog na \u2019n ekstra battery met di\u00e9 drie vrae:<\/strong><\/p>\n<p>Wat is my begroting?<\/p>\n<p>Wat is my beperking wat grootte betref (waar gaan die battery gebruik word?)<\/p>\n<p>Watter battery-ontwerp of tegnologie voorsien die beste in my behoeftes?<\/p>\n<p>Dit bring ons by die kwessie van spesialisbatterye wat deesdae in die 4&#215;4-ontspanningsmark beskikbaar is.<\/p>\n<p>Die volgende is die belangrikste inligting oor die voor- en nadele van drie soorte batterye wat algemeen beskikbaar is in 4&#215;4-winkels.<\/p>\n<p>1 <strong>1. \u2019N NATSELLOODSUURBATTERY<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie battery bevat vloeibare elektroliete wat verhit wanneer dit herlaai word. Die gevolglike hitte veroorsaak verdamping en waterverlies. Gereelde instandhouding en dienste is dus noodsaaklik. Die natloodsuurbattery word boonop as gevaarlik beskou weens die moontlikheid van lekkasies en gasse wat vrygestel word. Hoewel dit algemeen beskikbaar is en die aanvanklike koste laag is, moet loodsuurbatterye gereeld nagegaan, gediens en veilig geberg word.<\/p>\n<p>Omdat hierdie batterye outomaties 10% krag per maand ontlaai, moet dit aan \u2019n instandhoudingsherlaaier gekoppel word wanneer dit nie gebruik word nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>2 <strong>DIE GELBATTERY<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n verse\u00eblde battery (wat deur \u2019n klep gereguleer word), wat nie mors nie en wat nie<\/p>\n<p>in stand gehou hoef te word nie. Gelbatterye het gewoonlik interne plaatjies, en die elektrolietmengsel bevat \u2019n byvoeging wat dit \u2019n gel-agtige tekstuur gee. Die nadeel is dat hulle presiese herlading vereis, \u2019n stadiger herlaaispoed het (stroomspanning en tyd), en dat hulle beskadig word as hulle oorlaai word. Hulle grootste nadeel is egter hulle hittesensitiwiteit, wat beteken hulle kan nie gemonteer word waar hulle aan omringende temperature van meer as 25 \u00baC blootgestel word nie. Dit is dus nie die soort battery wat in die enjinruim geplaas kan word of agterin \u2019n sportnutsvoertuig kan bly l\u00ea wat onder die bakkende son geparkeer is nie.<\/p>\n<p>3 <strong>Die AGM-BATTERY (ABSORBERENDE GLASMAT)<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n battery (wat deur \u2019n klep gereguleer word) en geen onderhoud verg nie.<\/p>\n<p>Die AGM-battery gebruik veselglasmatafskeiers waarin die elektrolietmengsel vasgevang word. In die meeste gevalle herlaai \u2019n AGMbattery vinniger as \u2019n natbattery, maar weens die dunner plaatjies sal die AGM-battery nie \u2019n ontlaaitempo van meer as 50% hanteer nie.<\/p>\n<p>Jy sal dalk die battery meer gereeld moet vervang omdat dit \u2019n korter lewensduur het.<\/p>\n<p>4 <strong>DIE AGM-EVTRAKSIEDRO\u00cbSELBATTERY<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie battery het die dikste plaatjies van die vier wat hier genoem word. Dit het ook \u2019n<\/p>\n<p>ho\u00ebr digtheid van aktiewe materiale, wat tot beter verrigting, groter kapasiteit en \u2019n langer<\/p>\n<p>lewensduur lei. Dro\u00ebselbatterye is heeltemal gese\u00ebl, hoef nie in stand gehou te word nie en<\/p>\n<p>herlaai vinnig.<\/p>\n<p>Die nadeel is dat hulle ook die duurste is, maar as jy hulle verrigting en lewensduur in ag neem, bied hulle op die lang duur waarde vir geld.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy onlangs \u2019n verdeler-herlaaistelsel vir jou 4&#215;4 gekoop het, maar nie tevrede is met die verrigting daarvan nie (veral die herlaaikoers), is dit dalk die skuld van die soort battery wat jy gekoop het. National Luna verduidelik. As jy begin nalees oor ekstra batterye, loop jy jou dikwels vas in \u2019n warboel van inligting &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":1656,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[74,59],"tags":[],"class_list":["post-1658","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans-articles","category-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.7 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jy onlangs \u2019n verdeler-herlaaistelsel vir jou 4&#215;4 gekoop het, maar nie tevrede is met die verrigting daarvan nie (veral die herlaaikoers), is dit dalk die skuld van die soort battery wat jy gekoop het. National Luna verduidelik. As jy begin nalees oor ekstra batterye, loop jy jou dikwels vas in \u2019n warboel van inligting &hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"National Luna - United States\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-09-18T10:30:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-12-03T09:33:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"700\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1049\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"brucec\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"brucec\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"brucec\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54\"},\"headline\":\"Watter Battery Is Die Beste?\",\"datePublished\":\"2015-09-18T10:30:22+00:00\",\"dateModified\":\"2018-12-03T09:33:47+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/\"},\"wordCount\":921,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2018\\\/08\\\/National-Luna-power-Pack.jpg\",\"articleSection\":[\"Afrikaans Articles\",\"Media\"],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/\",\"name\":\"Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2018\\\/08\\\/National-Luna-power-Pack.jpg\",\"datePublished\":\"2015-09-18T10:30:22+00:00\",\"dateModified\":\"2018-12-03T09:33:47+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2018\\\/08\\\/National-Luna-power-Pack.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/3\\\/2018\\\/08\\\/National-Luna-power-Pack.jpg\",\"width\":700,\"height\":1049},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/media\\\/watter-battery-is-die-beste\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Watter Battery Is Die Beste?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/\",\"name\":\"National Luna - United States\",\"description\":\"12 Volt Equipment Specialists\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54\",\"name\":\"brucec\",\"url\":\"https:\\\/\\\/www.nationalluna.com\\\/us\\\/author\\\/brucec\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States","og_description":"As jy onlangs \u2019n verdeler-herlaaistelsel vir jou 4&#215;4 gekoop het, maar nie tevrede is met die verrigting daarvan nie (veral die herlaaikoers), is dit dalk die skuld van die soort battery wat jy gekoop het. National Luna verduidelik. As jy begin nalees oor ekstra batterye, loop jy jou dikwels vas in \u2019n warboel van inligting &hellip;","og_url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/","og_site_name":"National Luna - United States","article_published_time":"2015-09-18T10:30:22+00:00","article_modified_time":"2018-12-03T09:33:47+00:00","og_image":[{"width":700,"height":1049,"url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"brucec","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"brucec","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/"},"author":{"name":"brucec","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/#\/schema\/person\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54"},"headline":"Watter Battery Is Die Beste?","datePublished":"2015-09-18T10:30:22+00:00","dateModified":"2018-12-03T09:33:47+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/"},"wordCount":921,"image":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg","articleSection":["Afrikaans Articles","Media"],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/","url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/","name":"Watter Battery Is Die Beste? - National Luna - United States","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg","datePublished":"2015-09-18T10:30:22+00:00","dateModified":"2018-12-03T09:33:47+00:00","author":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/#\/schema\/person\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-content\/uploads\/sites\/3\/2018\/08\/National-Luna-power-Pack.jpg","width":700,"height":1049},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/media\/watter-battery-is-die-beste\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Watter Battery Is Die Beste?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/#website","url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/","name":"National Luna - United States","description":"12 Volt Equipment Specialists","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/#\/schema\/person\/ae78ea7e86cf444ed1b1b77d089bfe54","name":"brucec","url":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/author\/brucec\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1658","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1658"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1658\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1656"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1658"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1658"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.nationalluna.com\/us\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1658"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}