Hoekom dit National Luna tien jaar geneem het om ’n GS-GS-dubbelbatterystelsel bekend te stel

AGTER DIE TYD

Hoekom dit National Luna tien jaar geneem het om ’n GS-GS-dubbel batterystelsel bekend te stel.

Ons het al die geskinder gehoor…

“National Luna is agter die tyd. Hulle is vasgevang in die verlede. National Luna gebruik ou tegnologie.” Daar is dalk ’n bietjie waarheid in dié stellings, maar daar steek meer agter die

storie as wat jy dalk dink…


HOEKOM ONS BY DIE GETROUE OU SOLENOÏED GEBLY HET

Die begin van dié storie lê sowat 21 jaar gelede, toe ons intelligente solenoïedstelsel die eerste

solenoid dual-battery system
Die ou getroue intelligente solenoïedstelsel is 21 jaar oud en steeds volstroom aan die gang! Èn dit kan tot 5 keer goedkoper as ‘n GS-GS-stelsel wees.

keer op die mark verskyn het. Voor dit het 4×4-voertuie ’n handskakelaar gebruik om die hulpbattery van hulle voertuig se aansitbattery te isoleer.

Iewers in 1997 het ons die geleentheid gesien om hierdie proses te outomatiseer deur die twee batterye te isoleer met ’n taai, uiters betroubare intelligente solenoïedskakelaar.

Ons was een van die eerste maatskappye wat ’n dubbelbattery-oplossing gebied het wat daar in die handel beskikbaar was vir die wêreldwye veldrymark; en het baie jare lank baanbrekerprodukte bekend gestel, soos dubbelkompartementverkoeling, batterymonitors, 12V fluoriedligte om buite te gebruik, en vele meer.

Met die koms van die elektroniese era, het nuwe tegnologie egter vinnig gevorder op die gebied van bluetooth-yskasbeheerstelsels, LED-beligting, en, natuurlik, die bekendstelling van die GS-GS-dubbelbatterystelsel.

Die mark se reaksie op hierdie nuwe tegnologie was verbasend. Ons het dadelik gehoor dat GS-GS-stelsels die oorhand het en hoeveel “beter” dit as die ou getroue solenoïedstelsel is. Maar alles was nie heeltemal so wonderlik soos wat dit gelyk het nie, en kort voor lank het daar ’n paar krake in die mondering van baie GS-GS-stelsels verskyn. Baie van hulle was byvoorbeeld baie hitte-sensitief – sodra die temperatuur in die enjinkap hoër as 50° C was (iets wat normaal is vir onder die masjienkap), het baie van die GS-GS-stelsels ophou werk.

Om dinge verder te vererger, was meeste van die GS-GS-laaiers 20-25A stelsels. Dit het beteken dat hulle nie die nodige krag kon lewer wanneer dit saak maak nie: binne die eerste paar uur op die pad. Ons wou uitvind hoekom soveel GS-GS-stelsels nie gelewer het wat belowe is nie, en het dus begin om dié laaiers met ons tradisionele solenoïedstelsel te vergelyk. Toetse het gewys dat die 20-25A GS-GS-stelsels in sekere gevalle – wanneer die motoralternator ’n konstante stroomspanning van 13.9V of meer lewer – die herlaaiproses vertraag het. Trouens, bo 13.9V het die solenoïedstelsel binne die eerste paar uur se ry beter gevaar as enige 20-25A GS-GS-stelsel op die mark.

 

 

 

 

 

Wat dinge nog verder kompliseer, is dat ons toetse gewys het die gekose soort battery (natsel, diepsiklus, AGM en litium) het ’n fundamentele rol gespeel in hoe goed die GS-GS-stelsel werk.

Stel dit so: As die GS-GS-laaier nie sy laaiprofiel kon verander om by ’n sekere soort hulpbattery te pas nie, kon dit die hulpbattery potensieel beskadig. Daar was egter net een probleem: As ’n mens nie die regte laboratoriumtoerusting gehad het om elke soort battery te toets nie, kon jy glad nie die data ontleed nie. En tot op dié punt was ons toetse nog grootliks anekdoties, eerder as wetenskaplik.

Ons het by batteryvervaardigers gaan aanklop vir hulp en gehoop hulle kan verduidelik hoe hulle produkte onder sekere omstandighede vaar.

Maar die reaksie was baie vaag – hulle het óf nie die kennis gehad nie, óf hulle wou dit nie met ons deel nie.

Gelukkig het een batteryverskaffer genoeg selfvertroue gehad om dit te doen: die Suid-Afrikaanse agente vir Discover®-batterye. Met hulle aan boord, het ons belê in hoogs gevorderde, duur toerusting om batterye te toets.

Vandag spog National Luna-laboratorium met van die mees tegnologiese gevorderde toetstoerusting wat daar is. Ons het dadelik aan die werk gespring…

Ons het ’n paar jaar lank ontlaai, herlaai en bladsye vol data ontleed. Die resultate was ongelooflik en (in sommige gevalle) verdoemend – baie van die topverkoperbatterye het ineengestort en nie gelewer wat vooraf belowe is nie. Ons het begin besef hoekom vervaardigers (met die uitsondering van Discover® SA) nie hulle tegniese data wou bekendmaak nie.

 

DIE AVIS SAFARI-ERVARING

Een van die vele Avis Safari Voertuie met hul suksesvolle werkende solenoïed-dubbelbatterysisteem.

Op min of meer dieselfde tyd het Avis Safari Rentals ons genader om sy vloot van 110 voertuie toe te rus met 90 liter ys/vrieskaste. Kortom: Die yskaste het binne 6 maande ophou werk omdat die battery voortydig onklaar geraak het.

Hierdie voertuie het almal die “nuutste en beste” 20A GS-GS-laaiers aan boord gehad (gekoppel aan ’n 105 a/h-diepsiklusbattery) en daarom is daar geglo die fout het by die yskaste gelê. Gelukkig kon ons batterytoetse wys hoe belangrik die batterysoort en die alternator ladingstroomspanning is.

Ons het vasgestel dat die Avis-voertuie almal ’n konstante stroomspanning van bo 13.9V gelewer het, en het toe besef ’n intelligente solenoïedstelsel (gekoppel aan ’n 140 a/h Discover® AGM-battery) sou dadelik die beste vaar met herlaai terwyl dit ’n koste-effektiewe oplossing vir ’n probleem binne die vloot sou wees. Aangesien die Avis-voertuie voorheen toegerus is met 20A GS-GS-laaiers en die voertuig se alternators meer as 13.9V gelewer het, was dit vanselfsprekend dat die GS-GS-stelsel die kraglewering beperk het – dit het beteken jy moet langer ry om die battery te laai. ’n 40A GS-GS-laaier sou natuurlik tot ’n heel ander uitkoms kon lei, maar teen 10 keer die prys moet ’n mens oorweeg hoe ekonomies dit is.

Nietemin het die Avis Safari-toepassing oortuigend bewys dat die intelligente solenoïedstelsel selfs ná 21 jaar se diens, steeds ’n plek in die mark het – en tans (sonder haakplekke) in duisende safarivoertuie reg oor Afrika gebruik word.

Buiten die 13.9V-drumpel het ons toetse gewys dat daar wel ’n al groter behoefte aan GS-GS-laaiers binne die moderne voertuigmark was, en dat hulle al meer alternators met wisselende stroomspanning gebruik. Ons toetse het ook gewys watter inherente swak punte baie GS-GS-laaiers het – veral dat hulle nie die laaiprofiel by ’n spesifieke soort hulpbattery kan laat pas nie.

 

DC-DC dual battery system
Die nuwe Nasionale Luna NLDC-25 beskik oor ‘n 6-stadium laai algoritme, wat ontwerp is om vier verskillende battery tipes aan te pas. By installasie kan ‘n mens AGM / Gel, Kalsium, Natsel of Litium kies uit die verskillende battery-opsies.

 

Toe ons dit alles onweerlegbaar kon bewys, het ons die lang proses begin om ’n waarlik unieke GS-GS-stelsel te ontwerp en te bou – een wat al hierdie probleme aanspreek én meer.

Nou bied ons ’n reeks dubbelbatterystelsels (insluitend GS-GS en solenoïed) as ’n antwoord vir die al groter wordende lys toepassings.

Maar dit maak nie saak wat die toekoms vir dubbelbatterykrag inhou nie – onthou dít: Net omdat iets nuut en duurder is, beteken dit nie noodwendig dit is outomaties beter nie. Dit geld ook ons eie GS-GS-stelsel.

Wees versigtig vir oordrewe bemarking en ’n bohaai oor nuwe tegnologie. As jou solenoïedstelsel die ding gedoen kry, is daar geen goeie rede om dit te verander nie.

National Luna NLDC-25 kit
Die NLDC-25 beskik oor ‘n geïntegreerde MPPT-sonreguleerder, asook die vermoë om die laaiprofiel van die DC-DC te verander, sodat dit ooreenstem met elke battery tipe – insluitende die Litium-batterye. U kan ook die NLDC-25 Battery Monitor as ‘n opsionele ekstra insluit.